Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Prokureurs

About LBF Prokureurs

LUTTIG BADENHORST FOURIE (LBF) PROKUREURS waarborg dat professionele regshulp en etiese waardes die beginsel is waarvolgens dienste verrig word. Ons strewe deurentyd daarna om aan ons kliente professionele advies en regshulp te gee en ten alle koste die vertrouensverhouding tussen onsself en ons kliënte te beskerm. Voortgesette opleiding, intensiewe navorsing asook die opbou van ‘n uitgebreide regsbiblioteek beteken dat ons ons kliente van die beste diens moontlik kan voorsien en deurentyd op hoogte kan bly met ontwikkelings in die reg. Ons is verder trots daarop om betrokke te wees in en by ons gemeenskap en word dit bevestig deurdat die vennote op verskeie rade en kommissies dien en verskeie organisasies, instansies en skole deur die firma ondersteun word. Ons vertrou dat ons u ook in die toekoms verder tot diens kan wees.